Kommer oor water in plastiekbottels – studie

‘n Onlangse studie in die Proceedings of the National Academy of Sciences wek kommer oor plastiekbesoedeling in gebottelde water. Navorsers het bevind ‘n 1 liter bottel kan tot 240 000 plastiekstukkies bevat, wat nie sigbaar is met die blote oog nie. Hierdie ontdekking dui aan die teenwoordigheid van plastiekdeeltjies in gebottelde water kan 100 keer hoër wees as wat voorheen gedink is. Ferrial Adam van Outa het die bedreiging van kanker beklemtoon weens die chemikalieë wat in plastiek is.