Uitstaande skuld: ‘Ons sit met die gebakte pere’ – Okh
NamPower het sy kliënte daaraan herinner dat hy vanaf Maandag beurtkrag sal toepas by dorpsrade en munisipaliteite met uitstaande skuld. Die maatskappy het vroeg in Maart vanjaar sy skuld invorderingsplan bekendgestel het. In ‘n verklaring het die kragvoorsiener gesê dat sy uitstaande debiteure se krag op ‘n skedule afgeskakel sal word. Die skedule vind in 9 fases plaas en begin met 4 ure sonder krag, weekliks. Sou betaling nie gedoen word nie sal die kragonderbreking stelselmatig toeneem tot volle betaling gemaak is. Een munisipaliteit is die gesamentlike onderneming tussen Okahandja en Cenored. Die Voorsitter van die Okahandja Bestuursraad Charl Coetzee sê hulle wag om van NamPower te hoor maar het nie die totale uitstaande skuld bekend gemaak nie.