SA kap Israel oor ‘oorlog teen kinders’

ʼn Regsgeleerde wat Suid-Afrika verteenwoordig, Blinne Ni Ghralaigh, het in ʼn pleidooi by die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland, gevra vir dringende maatreëls om die Palestyne in Gaza te beskerm teen die beweerde oortreding van die Volksmoordkonvensie. Meer as 23 000 Palestyne is dood en meer as 59 000 gewond in die Israel-Palestynse konflik. Sy beskryf die situasie as ʼn humanitêre krisis en ʼn lewende hel, en waarsku oor ʼn dreigende gesondheidsorgramp in Gaza met aansteeklike siektes wat versprei.