NamRA begin studie by Trans Kalahari Grenspos

Die Namibië inkomste-agentskap, NamRA, het die tweede tydvrystellingstudie van 15 tot 25 Januarie by die Trans Kalahari Grenspos in die Omaheke-streek aangekondig. Die studie is deur die Wêreld Doeane-organisasie ontwikkel om te meet hoe lank dit vat vir goedere en vrag om vrygestel te word. Die doel is om knelpunte uit te lig en maatreëls te implementeer om die doeltreffendheid van grensprosedures te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Tonateni Shidhudhu, die woordvoerder van NamRA, gepraat wat meer verduidelik.