Vervoer teken 2% deflasie aan in Desember

Die jaarlikse inflasiekoers vir vervoer, wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, het in Desember op 4 persent gestaan vergeleke met 14,8 persent in Desember 2022. Die stadige toename in die jaarlikse inflasiekoers is hoofsaaklik weerspieël in die subkomponent bedryf van persoonlike vervoertoerusting, wat van 22,6 persent tot 2,8 persent gesak het, en Openbare vervoerdienste, van 1,4 persent tot 0,4 persent. Op ‘n maandelikse basis het die vervoerkategorie ‘n deflasiekoers van 2 persent in Desember aangeteken vergeleke met ‘n toename van 0,6 persent die vorige maand.