Hoër ouderdomstoelae? Goed, maar wat van die jeug, Hage?

Nog reaksie word ontvang op President Hage Geingob se onverwagse Nuwejaars-voorstel oor ‘n beduidende verhoging in die maandelikse ouderdomstoelae, van 1 400 Namibiese dollar per maand tot óf 2 000 óf 3 000 dollar per maand. Sosiale aktivis Renaani Musutua het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en vra wat dan van hulp aan die jeug? Geingob het geen melding gemaak van die byna 50 persent jeugwerkloosheid nie, ook nie van die 25 persent van Namibiese kinders wat gesondheidsuitdagings ervaar as gevolg van voedseltekorte nie.