Israel se taalgebruik toon ‘volksmoord-voorneme’
Suid-Afrika is besig om sy saak teen Israel te stel by die Internasionale Geregshof in Den Haag. Suid-Afrika se saak word aangebied deur ‘n span regspraktisyns, insluitend justisie-minister Ronald Lamola. Een van die spanlede, Tembeka Ngcukaitobi, sê Israel het volksmoord-voorneme getoon deur die gebruik van sistematiese ontmensliking-taal deur figure soos onder meer die Israeliese verdediging-minister Yoav Gallant, premier Benjamin Netanyahu, die adjunkspeaker van die parlement, en lede van die weermag