Gaan na platteland om cholera vry te spring, sê Zambiese president

Die Zambiese president, Hakainde Hichilema, moedig mense aan om van stede en dorpe na plattelandse dorpies te verhuis, ná die dood van ongeveer 300 mense in ‘n cholera-uitbraak. Swak sanitasie in sommige digbevolkte stedelike gebiede is ‘n goeie teelaarde vir cholera, sê Hichilema. Om die situasie in groot dorpe te ontlont, moet inwoners na landelike gebiede verhuis waar daar genoeg spasie en “perfekte sanitasie” is, volgens Hichilema. In die afgelope 24 uur was daar meer as 500 nuwe gevalle en 17 sterftes, het die ministerie van gesondheid bekend gemaak.