Namport reageer op mangaanmyn wat eers produksie staak
Namport het gereageer op die aankondiging deur United Manganese of Kalahari dat hy, in reaksie op die verslegtende marktoestande, die produksie van mangaanerts en gepaardgaande daarmee, die verkoop van sy ertsprodukte vir eers sal verminder. Uitvoere van Noord-Kaapse mangaan deur die Lüderitz-hawe het rondom 720 000 metrieke ton in 2022 beloop. Vraag na mangaan het stelselmatig afgeneem as gevolg van die dalende vraag van verbruikersbedrywe soos staal en konstruksie, veral in China. Die prys per kilogram het gehalveer na ongeveer 2,5 Amerikaanse dollar per kilogram en voorspellings is dat dit daar sal bly die jaar. Elias Mwenyo, hoof van kommersiële dienste by Namport, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.