Ons stem met stembriewe
Die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie van Namibië, Petrus Shaama, het bevestig dat stembriewe in die komende presidensiële en nasionale vergadering verkiesings gebruik word. Dit volg op die hooggeregshof se 2020 uitspraak wat die gebruik van elektroniese stemtoestelle sonder ’n naspeurbare papierspoor in die kiem gesmoor het. Shaama sê verder dat die kommissie die kalender vir die verkiesings opgestel het en dit dien as ’n padkaart ter voorbereiding van die verkiesing. Kiesersapatie is een van die uitdagings wat in die strategiese plan vir 2022–2027 uitgelig word. Vir die eerste keer in die geskiedenis het die kommissie ’n burgerlike kiesersprogram van stapel gestuur om dié uitdaging die hoof te bied. Die program is daarop gemik om bewustheid onder kiesers te skep.