Plattelandse studente het uitdagings in die stad

’n Studie wat deur die Sentrum vir Lewenslange Leer van die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie gedoen is, het bevind dat opvoeding by plattelandse skole deur talle uitdagings gekenmerk word. Verarmde en ondervoede toestande van leerders in landelike omgewings is die gevolg van arm gesinne wat dikwels werkloos is en nie in staat is om basiese benodigdhede vir hul gesinne te voorsien nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Duminga Ndala van die Landless People’s Movement gesels oor uitdagings wat hierdie leerders in die gesig staar wanneer hulle in die stad kom studeer.