Ramphulp gaan voort in KZN

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Bongiwe Sithole-Moloi, sê haar departement sal voortgaan om ramphulp te bied aan inwoners wat geraak word deur die ontwrigtende reën wat oorstromings in Ladysmith veroorsaak het. Die departement se woordvoerder, Siboniso Mngadi, sê die swaar reën is nog nie verby nie, en hulle pleit by gemeenskappe om steeds uiters versigtig te wees en na veiliger plekke te beweeg wanneer dit reën.