Noorweë keur Noordpoolsee-mynbou goed

Noorweë se parlement het kommersiële planne goedgekeur om die Noordpoolsee oop te stel vir mineraal-verkenning op die seebodem. Dit baan die weg vir die verkenning van ‘n uitgestrekte gebied van 280 duisend vierkante kilometer van die bodem van die Noordpoolsee, ‘n gebied groter as Brittanje. Noorweë sê dit word gedoen om sy ekonomie van fossielbrandstowwe te laat wegbeweeg. Die besluit het kritiek van die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk ontlok, wat albei ‘n tydelike verbod gevra het weens kommer oor die moontlike uitwerking op die omgewing.