Hyphen gesels oor krag en die kuslyn

Namibië se unieke mengsel van wind- en sonkragbronne kan ‘n stabiele aanbod van baie laekoste, skoon krag vir waterstofproduksie verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Beukes van Hyphen Energy, wat een van die groen-waterstofprojekte in die land ontwikkel, gesels oor die bron van groen-energie.

Die kuslyn sal ‘n uiters belangrike rol in die opwekking van die krag, wat voldoende is, speel.