Limpopo moet sy waterprobleme oplos

Die Vryheidsfront Plus in Limpopo sê die provinsie gaan groot probleme hê as verlede jaar se waterprobleme nie opgelos word nie. Die party sê hy sal uit sy pad gaan om druk op die betrokke owerhede te plaas om skoon, drinkbare water aan die provinsie se inwoners te verskaf. ‘n Woordvoerder van die party, Marcelle Maritz, sê die Vhembe-distriksmunisipaliteit het tot volgende week Maandag tyd om die watertoevoerkrisis op te los, anders kan hy moontlik regsoptrede in die gesig staar: