Graf-opgrawer weer in die hof vandag
Lukas Sikerete sal weer vandag in die Tsumeb-landdroshofverskyn. Die 40-jarige het sy eerste verskyning op 1 November verlede jaar gemaak en is borg geweier. Hy word daarvan beskuldig dat hy die oorskot van ‘n twee-jarige kind op Tsumeb opgegrawe het. Sikerete het na bewering die kind se graf oopgemaak en sy bene en skedel uitgehaal. Dit is by sy huis, ongeveer 200 meter van die begraafplaas af, deur owerhede gevind. Hy staar aanklagte van grafskending en lykskending in die gesig.