Lamola en kie op pad na Den Haag

Die buurland se justisie-minister, Ronald Lamola, lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging na Den Haag in Nederland waar die land se volksmoord-saak teen Israel deur die Internasionale Geregshof aangehoor sal word. Die afvaardiging bestaan uit vooraanstaande diplomate en amptenare wat aangevul sal word deur globale politieke figure, soos die voormalige leier van die Britse opposisie, Jeremy Corbin. Lamola sê hy is vasbeslote om die humanitêre krisis in Gaza te beëindig. Woordvoerder Chrispin Phiri beklemtoon ook dat dit hulle doel is.