Party soek toegang tot grond vir jong Namibiërs

Met die algemene verkiesing wat vir November vanjaar geskeduleer is, het sosiale media-gebruikers begin praat oor wat om vanjaar van politieke partye te verwag terwyl hulle vir die verkiesings voorberei. Verskeie sosiale media-gebruikers is van mening dat die Regstellende Herposisionerings-beweging vasbeslote is om ekonomiese vryheid vir die algemene Namibiër te verseker. Die beweging beywer hom spesifiek vir sosiale geregtigheid, en hou gereeld die regering aanspreeklik. Die beweging se woordvoerder, George Kambala, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle doel is om toegang tot grond vir jong Namibiërs te verseker, sodat hulle ‘n inkomste daaruit kan kry.