Graeme Smith verwag ‘n nog beter tweede seisoen vir die SA20

Krieket: Die tweede seisoen van die SA20 begin môre op St Georgepark in Gqeberha, met die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, wat gashere is vir die Joburg Super Kings. Al die Protea-sterre is beskikbaar vir die toernooi wat ten einde loop met die eindwedstryd op Nuweland in Kaapstad op die tiende Februarie. Die wenspan sal ʼn allemintige 34 miljoen Suid-Afrikaanse rand se prysgeld in hulle sakke kan steek. Die eerste seisoen was uiters suksesvol en die kommissaris van die SA20, die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith, sê die tweede seisoen kan selfs beter wees.