Blinken probeer weer Midde-Ooste vure doodslaan

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, is vandag in Tel Aviv vir vergaderings met Israelse leiers. Dit is sy vierde besoek aan die Midde-Ooste in drie maande. Volgens die Guardian sal Blinken probeer om die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, te oortuig om met ernstige onderhandelinge te begin oor ‘n ná-oorlogse regering in Gaza, om meer te doen om burgerlikes in Gaza te beskerm en om meer hulp in die gebied toe te laat. Netanyahu het die VSA se voorkeur-keuse van die skepping van ‘n verenigde Palestynse staat bestaande uit die Wesoewer en Gaza verwerp.