Russiese aanvalle in Oekraïne veroordeel

Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake het die onlangse toename in aanvalle op stede in Oekraïne ten sterkste veroordeel. In die jongste aanval in die Donetsk-streek is meer as 10 burgerlikes dood, waaronder vyf kinders. Die VN sê hy het inligting oor byna 120 burgerlikes wat sedert die 29ste van verlede maand regoor Oekraïne dood is, met net minder as 480 beseer. Die VN se Humanitêre Koördineerder vir Oekraïne, Denise Brown, sê onoordeelkundige aanvalle op burgerlike gebiede is onaanvaarbaar en volgens internasionale humanitêre reg verbode.