Geingob by huis na kolonoskopie, gastroskopie

President Hage Geingob is terug by die huis nadat hy roetine kolonoskopie en gastroskopie toetse ondergaan het, sê die Presidensie in ‘n verklaring. Die prosedures, wat twee uur geduur het, was ‘n opvolg van sy jaarlikse mediese ondersoek. Die Presidensie benadruk dat president Geingob altyd Namibiërs aanraai om roetine mediese ondersoeke te ondergaan in die lig van die belangrikheid van vroeë opsporing en voorkoming van potensiële siektes.