Woedende Duitse boere trek(ker) saam

Woedende boere wat gekant is teen die Duitse regering se planne om weg te doen met belastingkortings vir landbou het trekkers gebruik om paaie regoor die land te versper tydens ‘n verergerende geskil. Die gekoördineerde landwye verset-optrede is veral toegespits op opritte by motorweë. Die polisie berig oor versperrings asook groot verkeersontwrigting weens trekkerkonvooie wat sedert die vroeë oggendure stadig beweeg regoor Duitsland. Plaastoerusting versper middestede insluitende dié van Berlyn, Hamburg, Keulen en Bremen.