Wees op jul hoede, dis verkiesingsjaar

Dis ‘n verkiesingsjaar wat oor die algemeen beteken dat die publiek kan uitsien na talle beloftes, wat begin het by die 3 000 Namibiese dollar pensioentoelaag wat president Hage Geingob op Oujaarsaand voorgestel het. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die publiek met op hulle hoede wees en leiers skei van politici.