Golden Gate kry selfmoordnet, 2 000 is reeds daar dood

Amptenare sê ‘n selfdood-voorkomingsnet by die Golden Gate-brug in San Francisco is uiteindelik voltooi. Sedert sy opening in 1937 het nagenoeg 2 000 mense van die brug af na hul dood gespring. Families wat geliefdes weens selfdood by die brug verloor het, vra al dekades lank vir ‘n oplossing. Die selfdood-net is rondom ongeveer 95 persent van die 2,7 kilometer-brug geïnstalleer. Die net van vlekvrye staal is in 2014 goedgekeur, maar die installasiewerk het eers vier jaar later begin.