Afrika se roofvoëls het uitwissingskrisis

Navorsers sê die flambojante sekretarisvoël en die dodelike slangvanger, die slangarend, tel onder dosyne van Afrika se groot roofvoëls wat voor ‘n mensgedrewe uitwissingskrisis staan. Die nuwe studie deur navorsers aan die Universiteit van St Andrews en die Peregrine-fonds het bevind groot roofvoëls wat nie van aasdiere afhanklik is nie en minder kwesbaar is vir vergiftiging, soos aasvoëls, toon ook dergelike ernstige afnames in getalle. Wetenskaplikes sê hierdie groot roofvoëls wat minder word, staar ‘n dubbele blootstelling in die gesig omdat hulle toenemend afhanklik is van beskermde gebiede en ook ‘n meer beperkte habitat het.