Oscar is tuis by oom Arnold

Oscar Pistorius is op parool vrygelaat en is by die huis. Reeva Steenkamp se ma June sê egter geen hoeveelheid tronkstraf wat Oscar Pistorius uitdien kan ooit haar vermoorde dogter terugbring nie. Sy het in ’n verklaring haar aanvaarding herhaal, van die veroordeelde moordenaar se vrylating ná agt jaar agter tralies. Oscar Pistorius het Reeva op Valentynsdag in 2013 noodlottig gewond toe hy haar deur ‘n toe toiletdeur geskiet het. Pistorius is uiteindelik tot 13 jaar en vyf maande agter tralies gevonnis vir die moord. Steenkamp sê die paroolraad se voorwaardes stuur ‘n duidelike boodskap uit dat geslagsgeweld baie ernstig opgeneem word.