Edwill van Aarde sterf op 85

Edwill van Aarde, ‘n legende in Afrikaanse televisie en radio is op die ouderdom van 85 oorlede. Hy was uiters gewild as aanbieder en navorser van die SABC se program Flink Dink. Van Aarde was die aanbieder en kommentator met die langste ononderbroke diens in Suid-Afrika – 50 jaar. Kom ons vat ‘n luister na die afsluiting van Flink Dink in 1982.