Bloedskande broer en suster verskyn weer in Februarie

‘n Broer en suster sal weer op 16 Februarie in die landdroshof op Tsumeb verskyn op klagte van bloedskande. Die twee is borg van 500 Namibiese dollar toegestaan met die broer wat by sy oom op Tsumeb sal bly en die suster by haar moedershuis, op Ondangwa. Die aanklaer het aan die hof bevestig die verslag van die maatskaplike werker sal dan ingedien word. Die saak het aan die lig gekom toe die suster, 21 jaar oud, ‘n klag van aanranding teen haar 36-jarige broer in Julie aanhangig gemaak het. Sy het aan die polisie op die dorp gesê sy en haar broer is toe reeds twee jaar in ‘n seksuele verhouding.