Britte stel 150 jaar oue see-krokodil spesie bekend

Die skedel van ‘n kolossale seemonster wat uit ‘n krans in Dorset, Engeland opgegrawe is, word nou aan die publiek vertoon. Die 2 meter lange fossiel behoort aan ‘n Pliosaurus – een van die vreesaanjaendste roofdiere ooit. Die publiek kan die 150 miljoen jaar oue mariene reptiel sien by die Etches Collection in Kimmeridge in Dorset, naby waar die dier gevind is. Die res van sy skelet, wat 8 meter lank kan wees, is dalk nog in die verbrokkelende kranse begrawe en argeoloë sal weer aan toue moet hang om dit uit te grawe. Sy bytkrag word met die die Tyrannosaurus rex vergelyk en dus sy bynaam, seasaurus.