Besighede leen weer, maar net bietjie

Na sewe agtereenvolgende maande van terugbetaling van krediet het Namibiese maatskappye netto leners in November geword. IJG Sekuriteite sê kredietverlening aan die korporatiewe sektor het op ‘n jaargondslag, met 0,7 persent gegroei, aangedryf deur afbetalingskrediet. Volgens die sentrale bank is die kredietopname deur groot- en kleinhandel, sowel as konstruksie geneem. Oortrokke fasiliteite het met 3,1 persent gedaal met eiendomslenings wat met 1,6 persent gedaal het. Op ‘n maandgrondslag gemeet, het krediet aan maatskappye met 2,3 persent gestyg, baie hoër as die 0,2 persent wat in Oktober aangeteken is.