Trump nader Federal hooggeregshof om Colorado-beslissing te appelleer

Voormalige president Donald Trump het die Amerikaanse hooggeregshof gevra om in te gryp nadat Colorado se hooggeregshof hom gediskwalifiseer het van die staat se Republikeinse stembrief weens sy betrokkenheid by die 6 Januarie opstand. Hy betwis die besluit van die hooggeregshof in Colorado op 19 Desember wat hom gediskwalifiseer het ingevolge ‘n grondwetlike bepaling wat enigiemand wat “by opstand of rebellie betrokke was” verbied om ‘n openbare amp te beklee. Trump appelleer ook in Maine, waar hy ook gediskwalifiseer is.