Oscar Pistorius is Vrydag ‘n vry man

Die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius word Vrydag op parool vrygelaat. Die 37-jarige atleet het sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag in 2013 by sy huis in Pretoria doodgeskiet. Hy beweer hy het deur sy badkamerdeur geskiet omdat hy gedink het daar is ʼn inbreker in die huis en het nie geweet Steenkamp was in die badkamer nie. Aanklaers het egter aangevoer hy het haar doelbewus ná ʼn argument doodgeskiet. Korrektiewe dienste sal Pistorius monitor totdat sy vonnis op 1 Januarie 2030 verstryk. Hy mag nie buite die Waterkloof-gebied beweeg sonder vooraf kennisgewing aan korrektiewe dienste nie.