Hier’s ‘n lekker joppie…

‘n Britse werknemer van IBM, Ian Clifford, wat 15 jaar lank medies afgetree is, het sy werknemer hof toe gevat vir ‘n verhoging. Clifford, wat 1,3 miljoen Namibiese dollar jaarliks ontvang het vir sy ongeskiktheidsplan, het gepoog om die maatskappy vir diskriminasie gedagvaar en sê sy betalings hou nie tred met inflasie nie. Hy het in September 2008 op siekverlof gegaan en het in 2013 die eerste keer oor sy vakansiegeld vir die vorige vyf jaar en die gebrek aan ’n loonverhoging gekla. Hy is toe 208 590 dollar uitgetaal. Maar, sy jongste saak oor diskriminasie is uitgegooi omdat die regter beslis het sy plan is spesifiek tot voordeel van gestremdes en kan dus nie diskrimineer nie.