Rusland boos oor aanval op Belgorod

Rusland sê 20 mense, insluitend twee kinders, is dood en 111 beseer in Oekraïense aanvalle wat na bewering Saterdag trosbomme op die Russiese provinsiale hoofstad Belgorod ingesluit het. Rusland se sending by die Verenigde Nasies het ‘n vergadering van die Veiligheidsraad aangevra. Rusland, wat die Oekraïne in Februarie 2022 aangeval het in wat hy ‘n “spesiale militêre operasie” noem, het Vrydag sy grootste lugaanval van die oorlog in die Oekraïne ontketen. Oekraïense amptenare sê 41 burgerlikes is dood en 159 gewond toe Rusland 158 missiele en hommeltuie na meer as 120 stede en dorpe regoor die Oekraïne gelanseer het.