Stormers sluit jaar op wennoot af

Die Stormers het 2023 op die bes moontlike manier afgesluit toe hulle die Haaie in Kaapstad met 16-15 geklop het. Hulle het teen rustyd met 10-5 voorgeloop in ‘n dramatiese Verenigde Rugbykampioenskap-derby. ‘n Skare van meer 37 000 mense het die wedstryd bygewoon. Die Stormers se punte het gekom van ‘n drie deur Adré Smith wat verdoel is en drie strafskoppe, terwyl die Haaie twee drieë, een elk deur Werner Kok en Corné Rahl, een doelskop en ‘n strafskop aangeteken het.