Skenk bloed, die tekort is kritiek

Namibië se Bloedoortappingsdienste worstel met ‘n ernstige tekort aan bloed en bloedprodukte, en vra lede van die publiek om dringend bloed te skenk. Die dienste se woordvoerder, Titus Shivute, sê die tekort is kommerwekkend gegewe die groot aantal motorongelukke gedurende die vakansietyd, en hospitale het meer bloed nodig vir oortappings. Hy beskryf die situasie as kritiek, met net twee dae se bloed-voorrade oor.