Toenemende tiener-swangerskappe wek kommer

Die buurland se gesondheidsdepartement is baie bekommerd oor die toenemende aantal tiener-ma’s in die land. As deel van pogings om die gebruik van gesondheidsdienste onder jongmense aan te moedig, het die departement by fasiliteite vir basiese gesondheidsorg areas aangewys wat as jeug-vriendelike sones bekend staan. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dis om seker te maak jongmense word deur jong gesondheidswerkers gehelp waar hulle al hulle gesondheidsbehoeftes openlik kan bespreek.