Man oorleef 6 dae in bakkie-wrak

’n Bakkie-bestuurder van Indiana wat ses dae lank in sy voertuig onder ’n brug vasgekeer was ná ’n ongeluk, is gevind deur twee vissermanne. Mario Garcia en skoonseun Nivardo De La Torre het die wrak gesien en ondersoek ingestel. Hulle het die beseerde 27-jarige Matthew Reum van Mishawaka in die verwoeste bakkie gekry. Reum se voertuig het op 20 Desember op Interstate 94 gerol en onder die brug beland, en hy was vasgekeer in sy sitplek. Hy het oorleef deur reënwater te drink. Reum se linkerbeen moes van sy middelskeen af geamputeer word en hy sterk in ‘n hospitaal aan.