Ten minste 241 sterf in Gaza in 24 uur

Gaza se gesondheidsministerie sê die afgelope 24 uur is minstens 241 mense dood en 382 beseer terwyl Israel se operasie in die gebied voortduur. Die Palestynse president, Mahmoud Abbas, noem die oorlog ʼn “ernstige misdaad” teen sy mense en beskuldig Washington dat hy dit uitrek deur VN-konsepresolusies vir ʼn skietstilstad te veto. Tot dusver weier Israel en Hamas oproepe vir ʼn blywende wapenstilstand.