Rabada vat weer vyf paaltjies

Krieket: Kagiso Rabada het vir die 14de keer in sy loopbaan vyf paaltjies in ‘n beurt ingesamel en Indië in sy eerste beurt van die eerste toets tot 208 vir agt beperk. Die toets teen die Proteas word op Supersport Park in Centurion gespeel. Reën en swak lig het spel voortydig laat eindig en KL Rahul en Mohammad Siraj sal vanoggend spel hervat. Die Proteas sal egter sonder kaptein Temba Bavuma moet klaarkom nadat hy in die 20ste boulbeurt sy dyspier beseer en die veld verlaat het.