Vrygelate gyselaar Gerco van Deventer is tuis

Die Suid-Afrikaanse para-medikus, Gerco van Deventer, is terug by die huis en met sy vrou en kinders herenig. Die 48-jarige Van Deventer is ses jaar gelede in Libië as gyselaar gevange geneem en daarna aan Al Qaeda-militante verkoop. Van Deventer se vrou, Shereen, het op Kersdag bevestig haar man het ‘n paar dae vroeër teruggekeer huis toe. Sy sê die gesin het die afgelope paar dae saam deurgebring om weer familiebande te hernu. Sy het bygevoeg Van Deventer het die nodige mediese steun ontvang. Hy is gesond en sy gemoedstoestand is goed.