ANC vra vir eenheid, begrip

Die ANC doen ‘n beroep op elke Suid-Afrikaner om eenheid en wedersydse begrip te bevorder gedurende die feestyd, en oor verskille heen uit te reik en ‘n gees van inklusiwiteit en samehorigheid te koester. Die party sê, in die blywende gees van sy stigters, verbind hy hom opnuut tot die beginsels van verdraagsaamheid, vrede en harmonie. Die ANC sê, die feestyd bring ook uitdagings na vore wat die nasie in die gesig staar. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, is aan die woord.