Internasionale Rooi Kruis kry omstrede hoof

Die Rooi Kruis het ‘n omstrede voormalige hoof van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge, Pierre Krahenbuhl, as sy nuwe direkteur-generaal aangestel. AFP berig die Switserse burger het meer as 30 jaar ondervinding in die humanitêre sektor en sal in April oorneem, wanneer die huidige hoof, Robert Mardini, sy termyn van vier jaar voltooi. Die 57-jarige Krahenbuhl was 25 jaar lank in prominente posisies by die Rooi Kruis en is tans die sekretaris-generaal van die Rooi Kruis se Internasionale Komitee.