Kersete maak Airbus Atlantic-werkers naar

Meer as 700 Airbus Atlantic-personeel het glo siek geword ná die maatskappy se Kersete, volgens gesondheidsowerhede in Frankryk. Volgens die ARS-gesondheidsagentskap het werkers van die lugvaartgroep se perseel in Wes-Frankryk aan braking en diarree begin ly na die ete. Dit is onduidelik wat op die spyskaart by die feesmaal was, wat in ‘n nagmerrie voor Kersfees ontaard het. ’n Ondersoek is van stapel gestuur om die bron van die massa-voedselvergiftiging te vind.