Stormers maak veranderings weens beserings

Rugby: Jean-Luc du Plessis speel môre in Kaapstad in sy 50ste wedstryd vir die Stormers in die wedstryd teen die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap. Du Plessis begin op binnesenter. Damian Willemse is op heelagter in die afwesigheid van die beseerde Warrick Gelant en Suleiman Hartzenberg speel in die plek van die beseerde Ben Loader. Paul de Wet vervang die beseerde skrumskakel, Herschel Jantjies. Hacjivah Dayimani sak agter in die skrum met Evan Roos wat sy kaak beseer het. In die enigste verandering aan die vaste vyf begin Sti Sithole op loskopstut.