Verbruikers, besighede bly onder druk

Inflasie het besteebare inkomste in Namibië die jaar erg geraak en het gely tot ‘n skerp daling in spaargeld en beskikbare fondse. Beide huishoudings en besighede is geraak. Meer as 1,3 miljoen Namibiërs, ongeveer die helfte van die land se burgers, het minder as 25 000 Namibiese dollar in die bank. Dit is bekend gemaak deur die Namiba Deposit Guarantee Authority. Oor die algemeen, en sake in die mosiehof toon dit ook, sukkel Namibiese huishoudings en kan nie skuld betaal nie. Daar is ook onlangs berig dat mikroleners, waaraan talle Namibiërs hulself wend omdat hulle nie formele lenings kan bekom nie, verbruikers uitbuit.