eThekwini eis betaling vir sy eie flater

ActionSA moedig die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal aan om die skuld af te skryf wat veroorsaak is deur ‘n flater in 2021, waar ‘n ekstra ses-kiloliter water verkeerdelik maandeliks aan huishoudings toegeken is. Hoewel die munisipaliteit erken dit was ‘n fout, word van inwoners verwag om die volle bedrag te betaal. Die party veroordeel die munisipaliteit se skerp tariefverhogings, veral die 14,9 persent styging in watertariewe. Zwakele Mncwango van ActionSA onderneem om die kwessies na die reses op te neem en vra munisipale inkontraktering om toekomstige flaters te voorkom: