SA steenkoolkragstasies besoedel 42 keer dit van China

‘n Onlangse verslag toon besoedelingstowwe wat deur Suid-Afrikaanse steenkoolkragstasies vrygestel word, is bykans 42 keer hoër as in China. Bloomberg berig die vrystellings het sedert 2022 meer as verdubbel in intensiteit en dra aansienlik by tot respiratoriese siektes, insluitend asma, en voortydige sterftes by individue met hart- of longtoestande. Eskom skryf die agteruitgang toe aan tegniese probleme met toerusting om besoedeling by die aanlegte te verminder. Die nutsmaatskappy stel volgens berigte maatreëls in om besoedeling aan te spreek, insluitende die opknapping van ontstowwers.