Toerisme: Namibië is beter af

Die afgelope drie jaar of wat was waarskynlik die moeilikste jare vir die toerismesektor wêreldwyd, en ook in Namibië. Met 2023 wat tot ‘n einde kom, het Kosmos 94.1 Nuus met ‘n plaaslike toergids, Joseph Kafunda, gesels om vir ons sy ontleding van die toerismejaar te gee. Kafunda sê hy dink Namibië vaar baie beter as baie lande.